Fred van der Vyver se R46 miljoen-eis teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het gister finaal misluk. Van der Vyver is in 2005 aangekla en in 2007 vrygespreek weens die moord op sy eksmeisie, Inge Lotz. Sy is in Maart 2005 dood in haar Stellenbosse woonstel aangetref; haar moord is nog nie ontrafel nie. Hoewel Van der Vyver ’n eis van R46 miljoen vir kwaadwillige vervolging teen die SAPD ingestel en in 2011 gewen het, het die staat geappelleer en in Maart vanjaar daarin geslaag om die uitspraak ter syde te stel. Van der Vyver het hom wel tot die Grondwethof gewend, maar dié hof het gister bevind sy vervolging sou ná die moord voortduur, selfs al het die polisie geen konkrete bewyse teen hom gehad nie. Hy sal nou self moet opdok vir sy regskoste, wat dermiljoene beloop, en sal ook moet opdok vir die SAPD se regskoste tydens die strafsaak en siviele eis in die hooggeregshof en die appèlhof. – CHRISTIAAN BOONZAIER Bronne: Die Burger, Nuus24