Die 31-jarige vrou is in ’n sittende posisie op die plaveisel langs die motor op Willow-singel aangetref nadat haar man hul ontbied het, het ’n ER24-woordvoerder Russel Meiring in ’n verklaring gesê.

Dit het aanvanklik gelyk of die vrou nie beseer is nie, maar nadat paramedici haar in die ambulans gesit het om ’n deeglike ondersoek te doen, het haar toestand vinnig versleg.

Paramedic het probeer om haar en die baba te red, maar het met hul aankoms by die RK Khan hospitaal gesterf.

Russel het dit as ’n “fratsongeluk” bestempel.

Bron: News24