Alain Robert (52) het die 75-verdieping gebou van 307m, die Cayan-Toring, binne 70 minute uitgeklim met slegs die kryt en verbande om sy vingers om hom te help met sy greep. Die ikoniese gebou in Dubai is in die vorm van ’n spiraal gebou en het min vastrap- en vashouplek. Robert word dikwels die “Franse Spiderman” genoem en is glad nie ’n vreemdeling vir hoë geboue nie.

In 2011 het hy die hoogste gebou in wêreld, die Burj Khalifa, wat ook in Dubai staan, uitgeklim. Daarvoor het hy wel met behulp van ’n tou en harnas die hoogte aangedurf. Dit het hom net sowat ses ure geneem om die 828m hoë gebou se kroontjie te bereik.

Kyk hier na 'n video van die klimmer:

Bronne: Youtube, AP, pix11.com