Carla Bruni-Sarkozy, Franse presidentsvrou, het Woensdag die lewe geskenk aan 'n babadogter, het die Franse media berig.

Dit is die 43-jarige Bruni-Sarkozy se eerste kind saam met pres. Nicolas Sarkozy en die eerste baba van 'n sittende president van Frankryk gebore is.

Volgens Europe 1-radio en die kanaal BFM is die baba omstreeks 20:00 Woensdagaand in die La Muette-kliniek in westelike Parys gebore.

Lees meer hier.