Hy is egter in kennis gestel dat sy wettig die land kon binnekom.

Grensbeamptes het opgemerk dat die tas verdag lyk en kon hul oë nie glo nie toe ’n 30-jarige Rus daaruit klim. Die man (in sy 60’s) het aangeneem dat sy nuwe bruid nie in Europa sou kon reis sonder ’n visum nie; daarom het hy haar in die tas versteek vir hul treinrit van Belarus tot Nice in Frankryk.

Sy was glo baie soepel en kon maklik in die tas pas.

Amptenare het eers vermoed dat sy dalk ontvoer of gemartel is, maar sy was ongedeerd. Sy was glo baie soepel en kon maklik in die tas pas.

Regtens kan die vrou van ’n man met ’n EU-paspoort self na enige land in die Europese Unie reis, maar drie jaar tronkstraf staar albei in die gesig omdat hulle die grensbeheer wou fnuik.

Bronne: dailymail.co.uk, mirror.co.uk