Sy het so ampertjies haar koffie oor haar uitgestort toe sy Huisgenoot oopmaak en Franscilla, die eksvrou van die minnesinger Manuel Escórcio, se nuwe verloofde sien. 

Op daardie oomblik het sy al die ou pyn en hartseer in haar voel opwel, vertel Jeanette Burgess Lopes, want die man op die foto’s, Tommy Hanekom, het haar ingeloop en haar lewe verwoes.

En sy is nie die enigste vrou wat daardie dag met skok van Tommy en sy nuwe verloofde gelees het nie (’n Mooi lewe ná Manuel, 23 Februarie). Verskeie ander het nou na vore gekom met bewerings dat Tommy ’n swendelaar is.

Lees meer in die nuwe uitgawe van Huisgenoot. 

Volg Huisgenoot op Twitter.