Hy is oplaas ’n bietjie gemakliker met die idee om iemand lief te hê en boonop het hy iemand in sy lewe vir wie hy baie lief is.

[caption id="attachment_121370" align="alignnone" width="600"]Francois in aksie by die KKNK. Foto: Peet Mocke Francois in aksie by die KKNK. Foto: Peet Mocke[/caption]

Die rocker Francois van Coke sê toe hy jonger was, het hy vasgeskop teen alles wat gewoon is, maar met die ouderdom het dit verander en die nuwe gemak het ’n wêreld vir hom oopgemaak waar soveel meer mense waardering vir sy talent het.

Lees ook: Lianie May verklap iets oor haar gesondheid wat aanhangers nie geweet het nie

“In my liedjies was daar al baie lines wat na liefde of na my vrou (Lauren) verwys. Maar in 12 jaar het ek nog net twee liefdesliedjies geskryf. Ek dink ek besef nou mense verstaan daardie ding (die liefde) net baie makliker as tiener-angs.” Hy lag. “Verstaan jy?”

[caption id="attachment_121371" align="alignnone" width="600"]Francois gesels met Huisgenoot se Marelize Potgieter. Foto: Peet Mocke Francois gesels met Huisgenoot se Marelize Potgieter. Foto: Peet Mocke[/caption]

Die treffer Toe Vind Ek Jou, wat Francois saam met Karen Zoid sing, is binne ses maande ’n miljoen keer gekyk en al wat leef en beef kan die liedjie saamsing.

Ons gesels met hom by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn waar hy ’n vertoning in die intieme teater Die Boer het. Sy groen oë kyk jou stip aan wanneer ons gesels en die nuwe byderwetse haarstyl omraam sy gesig. “Ek het so ’n ruk gelede die nuwe haarstyl gekry, maar dit sukkel om netjies te bly in die show.”

[caption id="attachment_121373" align="alignnone" width="600"]Francois van Coke (Foto: Peet Mocke) Francois van Coke (Foto: Peet Mocke)[/caption]

Dis ’n nederige Francois wat voor ons sit. Sy debuut-soloalbum, Francois van Coke, was ’n groot stap wat hy geneem het om hom as solokunstenaar te vestig en dit het alle verwagtings oortref, sê hy. “Jy hoop mos maar altyd jy sal ’n stuk werk doen waarvan mense gaan hou, maar jy weet nie of hulle gaan nie. Dit was vir my ’n moerse stresvolle proses.”

Sy stem kraak af en toe terwyl hy praat. “My stem is ’n bietjie seer. Ek het min geslaap die afgelope paar dae.”

Francois moes tussen sy KKNK-vertonings deur ook by ’n fees op Clarens optree.

Wat doen hy om dit te dokter?

“Ag, daar is so baie goed wat ek probeer. Soms drink ek rooibostee en heuning, ek het al my stem gestoom en ek het al kortisoon-inspuitings gekry as dit nou regtig sleg gaan.

“Dis sleg. Jy dink by jouself gisteraand kon ek dit 100 persent sing en nou moet ek druk om daarby uit te kom. Dis jou kommoditeit; jou instrument."

Lees ook: Kyk hoe word die nimlike Tobie Cronjé in die nare Juffrou Rottenmeier omtower

Hy sê hy het eers die laaste twee jaar regtig daarna begin kyk en vermoed dit kom saam met die ding dat hy deesdae minder partytjie hou. “In my jeug het ek maklik twee, vier aande uit tien deurnag partytjie gehou. ’n Mens herstel net beter wanneer jy jonk is.”

Waar is die vrou vir wie hy die liefdesliedjie geskryf het wat die wêreld so gaande het, wanneer hy by die fees optree?

“Sy is by die huis,” hy gee ’n laggie. “Baie ongelukkig. Dit is erg vir haar by tye, maar ek dink makliker as vir ander. Ons is al saam voor ons met Fokofpolisiekar begin het en sy weet dit is my lewe.”

Francois sê hul verhouding het verdiep toe hulle in 2012 trou. “Ek glo nie trou is vir almal nie, maar dit het vir ons gewerk. Ons het nou ons dingetjie, ons huis, ons het ons hond wat deel is van die gesin. ’n Mens mis dit wanneer jy nie by die huis is nie. Ek haat roetine, maar as ek lank weg van die huis is, mis ek die normaliteit.”

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei

‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe

Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .