Jenny Morris, die Giggling Gourmet by Checkers, het ’n paar heerlike planne planne vir 'n spesiale dag met jou metgesel. Hoekom beproef jy nie hierdie heerlike framboos-roosterbrood nie?

“Hierdie framboos-roosterbrood is heerlik saam met ’n glas heerlik koue Franse sjampanje soos dié wat by Checkers te kry is vir onder R200,” sê Jenny.

Genoeg vir 2 mense

Bestanddele

8 snye witbrood

45 ml (3 e) ricottakaas

15 ml (1 e) mascarponekaas

15 ml (1 e) versiersuiker

16 vars frambose

3-4 eiers, geklits

1 lemoen, skil fyn gerasper

olie vir braai

15 ml (1 e) botter

loperige heuning

30 ml (2 e) geroosterde, amandelvlokkies

versiersuiker vir bestrooi

Metode

  1. Sny sirkels brood uit met ’n teekoppie en plaas hulle op ’n plat oppervlak.
  2. Meng die ricotta, mascarpone en versiersuiker, verdeel in vier en plaas in ’n hopie op die middel van vier van die broodsirkels. Druk af; laat ’n bietjie ruimte om die rande.
  3. Plaas vier frambose op die kaas. Bedek met die oorblywende broodsirkels en druk die rande ferm vas om te verseël.
  4. Meng die geklitste eier en lemoenskil.
  5. Verhit kookolie in ’n braaipan.
  6. Doop die gestopte broodsirkels in die geklitste eier en maak seker hulle is goed met eier bedek.
  7. Plaas hulle in die warm olie met botter en braai sowat ’n minuut of tot mooi goudbruin weerskante.
  8. Dreineer op papierhanddoek, rangskik op ’n bord, bedruip met heuning en bedek met geroosterde amandels. Bestrooi met versiersuiker en sit voor met ekstra frambose en ’n skeppie vanieljeroomys.

Wenk: Maak broodkrummels van die afgesnyde stukke brood; wat jy vandag spaar, sal jy môre hê!

-Jenny Morris

Kry nog van Jenny se heerlike resepte vir Checkers hier: http://bit.ly/1kv5ajp

e=eetlepel, t=teelepel, k=koppie