Terwyl lieflike reënbuie wonderlike verligting bring, word daar ook gewaarsku oor die kans op vloede wat verskeie streke kan tref. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku veral inwoners in die oostelike dele van Noordwes, Gauteng, die Overberg- en Eden-distrikte.

Die Kapenaars is Vrydagoggend aangenaam verras met buie wat veral in die Skiereiland die stof behoorlik afgestof het. Ons vriende by @ReënvalSA op Twitter het pragfoto’s gedeel van waar die seen van reën groot verligting veral die afgelope paar dae gebring het. Hier’s ’n foto-rondomtalie van verskeie dorpe en stede waar die boere en die inwoners behoorlik juig oor die waterkarre wat so ruim hul vrag op die dorre aarde uitgestort het. Die Vygeboomdam in Mpumalanga het Donderdag ruimskoots ontvang.

KLIEK HIER vir wenke oor padveiligheid en vloedrisiko's vir bestuurders en voetgangers