As jy Nianell ’n perd sien bloots ry, kan jy maar weet hier kom ’n ding.

Foto’s van die mooi donkerkopsangeres op ’n perd en in die natuur het die afgelope week in die sosiale media die ronde gedoen. Toe Huisgenoot haar daaroor uitvra, het sy opgewonde vertel sy is besig om ses musiekvideo’s te verfilm vir haar nuwe album wat einde April beskikbaar sal wees.

[caption id="attachment_166496" align="aligncenter" width="600"]Nianell op 'n perd vir een van haar nuwe musiekvideo's. Nianell op 'n perd vir een van haar nuwe musiekvideo's.[/caption]

Die amptelike bekendstelling sal op 27 Mei by die Monte De Dios-gastehuis in Pretoria gehou word.

Die album, My Beautiful Escape, het ’n fantasie-tema en hulle het op verskeie plekke aan die video’s gewerk om fantasie vas te vang soos die strandmeer in die nasionale park by Langebaan, op Darling en Yzerfontein.

“Ek is baie opgewonde oor die nuwe album en dink dit is my beste ooit. Ek voel ongelooflik dankbaar vir almal wat my gehelp het om die produk lewe te gee.”

[caption id="attachment_166497" align="aligncenter" width="600"]Nianell in aksie. Die sangeres in aksie.[/caption]

[caption id="attachment_166500" align="aligncenter" width="600"]Nianell in 'n sprokiesuitrusting. Nianell in 'n sprokiesuitrusting.[/caption]

Die album bestaan uit 13 oorspronklike snitte wat sy self geskryf het en deur Byron Kuntz vervaardig is. “Ek het teruggegaan na my roots en geskryf soos ek op die album Who Painted the Moon geskryf het. Uit ’n plek van rou gevoel.”

[caption id="attachment_166501" align="aligncenter" width="600"]Nianell swem in een van haar nuwe musiekvideo's. Sy swem in een van haar nuwe musiekvideo's.[/caption]

Die foto van die perd is op ’n plaas naby Hopefield geneem en sy sê sy was agterna gelukkig nie lyfseer nie.

Mense wat belangstel kan haar webtuiste besoek.