Die manlike baba – wat nie ’n naam gekry het nie – was blykbaar gesond en sterk toe hy verlede Woensdag by die Como-dieretuin in St. Paul gebore is. Maar die klein primaat het siek geword en is ’n week later dood – nadat hy blykbaar nie ordentlik van sy ma gedrink het nie. Dieretuin-personeel het gesê al het sy onmiddellik ’n sterk moederinstink gehad, het die ma, Alice, hom buite sig vasgehou – wat die moontlikheid verhoog het dat sy hom nie gevoer het nie.

In ’n verklaring wat Maandag uitgereik is, het beamptes van die dieretuin gesê Alice het alle tekens van ’n sterk band met haar seun getoon, maar hulle het minimale kontak gehad om die stres op die nuwe ma te verlig.

Hulle het gesê: “Dit is met ’n baie swaar hart dat ons Alice se baba se dood op Woensdag 19 November aankondig.

“Die baba het tot Saterdagaand goed gevaar. Hy het ’n sterk greep gehad en was luidrugtig. Alice het sterk tekens van moederinstink getoon, het die baba gevoed en het hom vasgehou. “Ten spyte van die beste pogings om die baba se voedselinname te monitor sou Alice met haar rug na die werkers sit sodat dit moeilik was om inderdaad vas te stel of voeding plaasvind. “Om onnodige spanning op nuwe ma’s te voorkom en hulle die nodige tyd met hul baba te gun, is dit absoluut nodig dat personeel en veeartse net intree wanneer dit absoluut nodig is.

'Pogings om die baba by te bring was onsuksesvol.'

“Sondagoggend was dit duidelik dat die baba swak was en dat sy gesondheid verswak. Terwyl die intervensieproses aan die gang was, kon die werkers die baba by Alice kry sonder dat hulle haar moes immobiliseer.

“Pogings om die baba by te bring was onsuksesvol.”

Harte was verbly toe die baba Woensdag gebore is. In ’n video kan die baba van 1,8 kg in sy ma se arms gesien word.

Die pasgeborene was die eerste van sy soort wat by die dieretuin gebore is.

Die dieretuin was opgewonde oor die nuweling en het hierdie lieflike video gemaak van die ma en haar baba wat tyd saam deurbring.

Bronne: comozooconservatory.org, Daily Mail, Buzzfeed, Facebook