Volgens Reuters het die ambassadeur aan sy wonde beswyk.

Amerika het die aanval op die ambassadeur ten sterkste verdoem.

"Ons verdoem hierdie daad van geweld, wat ook al die bron daarvoor was", het die Amerikaanse staatsdepartement-woordvoerder, John Kirby, laat vanmiddag gesê. Die aanval het plaasgevind enkele dae voordat die Turkse minister van buitelandse sake na Moskou sou vertrek vir gesprekke rondom Sirië en Iran. Dit is ook nog nie duidelik of daar net een of meer aanvallers was nie. Oomblikke voordat die Russiese ambassadeur geskiet is.

Verskeie gerugte doen intussen die ronde dat die man óf een van die ambassadeur se eie veiligheidswagte se identifikasiekaart gebruik het vir toegang óf hom as 'n veiligheidswag voorgedoen het. Die man sou na bewering aan die ambassadeur gesê het: "Jy het onskuldige mense doodgemaak. 'Ya Allah Bismillah' en toe die sneller getrek. Daar is ook glo verwysings na Aleppo gemaak. Nog berigte dui daarop dat die man die ambassadeur van agter in sy rug geskiet het. Waarskuwing: Grafiese video - mag sensitiewe kykers ontstel.

Dit is na bewering die man wat die skote gevuur het. Volgens 'n verslaggewer, Hasim Kiliç, het die man Islamitiese slagspreuke geskree tydens die aanval.
Nog 'n foto van die man en die beweerde Islamitiese "saluut"
Drie ander is ook tydens die voorval gewond. Die staande man (regs op die foto) is na bewering die skieter. Die persoon wat met sy arms oopgesprei lê, die ambassadeur.
Die uitstalling handel oor "Rusland soos gesien deur Turke."

Chaos ná die skietery.

Turkye het intussen snoer intussen die media rondom beriggewing oor die voorval. Andrei was die Russiese ambassadeur in Turkye vanaf 2013. Hy het vanaf 1976 diens as 'n diplomaat verrig.

Hy was 62 jaar oud.

Bronne: hurriyetdailynews.com, rt.com, foxnews.com, heavy.com