Dit lyk byna of al wat 'n Suid-Afrikaanse bekende is oorgevlieg het om ons Blitsbokke te ondersteun. Die krieketlegende Herschelle Gibbs lyk heel in noppies saam Danie Gerber, Ryk Neethling en Naas Botha (en Daryll Cullinan)

Daar was selfs tyd om 'n rustige (maar skreeusnaakse!) kameelrit saam die Top Billing-aanbieder Jeannie D te geniet.

A video posted by Jeannie D (@iamjeannied) on
Jeannie is ook nie al televisiepersoonlikheid wat trots die Blitsbokke in Doebai kom ondersteun het nie. Haar mede-Top Billing-aanbieder Jonathan Boynton-Lee en die Expresso-aanbieder Ewan Strydom is ook daar.

A photo posted by Ewan (@ewan_strydom) on

A photo posted by Ewan (@ewan_strydom) on

Die Olimpiese-swemmer Ryk Neethling en sy liefie Sahar Biniaz trotseer graag die uitmergelende hitte.

A photo posted by Ewan (@ewan_strydom) on

Die Expresso-aanbieder Leigh-Anne Williams het bietjie lyf gewys. Lyk darem na 'n lekker lewe dié!
Die oud-Springbokke Naas Botha en Danie Gerber geniet ‘n ligte oomblik saam met die TV-persoonlikheid en voormalige Strictly Come Dancing-deelnemer Lalla Hirayama.
Die model en TV-aanbieder Maps Maponyane en die sanger Kyle Deutsch se bloed is omtrent groen!

A photo posted by Maps Maponyane (@mmaponyane) on

Nou hou ons net styf duimvas die Blitsbokke bring weer die trofeebeker huis toe! Gelukkig het ons reeds teen Samoa en Rusland gewen.