Dink dalk twee keer voor jy 'n volgende keer 'n rondloperhond wegjaag. Dit mag dalk net soete wraak uitlok.

Die storie word vertel van 'n man van Shijiazhuang in die Hebei-provinsie in China wat onlangs 'n rondloperhond in 'n parkeerarea sonder enige skynbare rede geskop het.

Mens sou verwag die hond sal die man dalk 'n kwaai kyk gee of 'n grom, maar sy reaksie was veel vreemder.

In 'n bisarre voorval het die hond glo met van sy makkers na die parkeerarea teruggekeer, en die man se motor begin byt!

Die Chinese webblad People's Daily Weibo het foto's van die wraakaanval aanlyn gedeel waarna dit spoedig versprei het.

Dié foto's gee beslis 'n nuwe betekenis aan die uitdrukking hond se gedagtes kry!

[post-slider]