Lees ook: Nuwe foto’s van prins George gaan jou hart steel

Die koninklike kleinding, geklee in ’n blou baadjie met ’n rugsak, was te oulik vir woorde toe hy gister by die Westacre Montessori-kleuterskool in Norfolk, in die ooste van Engeland, vir sy eerste skooldag opdaag.

“Dit het goed gegaan,” het ’n paleisbron aan die tydskrif People gesê oor George se eerste skooldag. Dis ’n kort afstand vanaf die gesin se huis, Anmer Hall.

Lees ook: Prins George se oulike bynaam vir die koningin

Hy sal deeltyds skoolgaan. “Daar is nie ’n vasgestelde formaat nie, maar dit sal ’n paar dae per week wees,” sê die bron.

Kensington-paleis het twee skattige foto’s, wat die hertogin van Cambridge geneem het, uitgereik om die prins se eerste skooldag te vier. Gelukkig vir prins George was sy eerste dag heelwat rustiger as sy oom prins Harry s’n. Dié is op sy eerste dag deur ’n groot groep steelfotograwe begroet wat hom van oorkant die straat dopgehou het. Lees ook: “Ek is drie” spog tweejarige prins George Die hertog en hertogin van Cambridge is “dankbaar” vir die publiek se ondersteuning om die gesin hul privaatheid te gun. Natuurlik het die onafwendbare ook gebeur - die vergelyking tussen prins George en sy oupa Charles met daardie vingertjie!

Bronne: people.com, usatoday.com, dailymail.co.uk