Die bestuurder, vermoedelik in sy 40’s, het beheer oor die vragmotor met sy vrag van sonneblom-kookolie verloor. Dit het in die veld te lande gekom en spoedig aan die brand geslaan.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê paramedici het die bestuurder langs die brandende wrak van die vragmotor aangetref.

Hy het slegs ’n besering aan sy hand opgedoen wat op die toneel aandag geniet het en dit was nie nodig om hom na die hospitaal te neem vir verdere behandeling nie.

Foto verskaf: ER24

Save