Hy kan nie net ’n krieketbal oor die krieketveld laat vlieg nie, hy is ook ’n uitstekende pa. Morné Morkel en sy Australiese vrou, Roz Kelly, se klein seuntjie is nou al ’n volle jaar en half oud en die foto’s van hom sal jou hart vermurwe.

A post shared by ? Roz ? (@life.of.roz) on

Roz, bekend as sportaanbieder in Australië, blom in haar rol as moeder.

Drie weke gelede het sy by ’n foto van haar en klein Arias geskryf: “My grootse prestasie. My grootste uitdaging. Ons vier 18 maande aan die aarde se kant. #wesurvived”

Die gesin kuier op die oomblik in Nieu-Seeland en Roz het ’n paar foto’s van hulle in die natuur gedeel.

A post shared by ? Roz ? (@life.of.roz) on

Roz op ’n staptog met Arias.

Morné en Roz het mekaar in 2012 in Australië ontmoet toe die Proteas daar getoer het. Sy het in 2013 Suid-Afrika toe getrek.

Roz het in Julie 2015 aan Huisgenoot geskryf Morné sal Afrikaans met klein Arias praat en sy sal Engels met hom praat.

“Wie weet hoe sy aksent op die ou end sal klink! Ons wil hê hy moet van ons albei se onderskeie vaderland bewus wees en ’n waardering vir die Suid-Afrikaanse én Australiese leefstyl en kultuur hê.

A post shared by ? Roz ? (@life.of.roz) on

Arias kry ’n les op die branderplank.

A post shared by ? Roz ? (@life.of.roz) on

Pa en seun durf die water aan.