Johannesburg - Hewige reën het Donderdagaand tot erge vloede in die Benoni-area aan die Oos-Rand gelei, het paramedici gesê. Etlike ligte botsings is deur die reën en vloedwaters veroorsaak, sê ER24. Geen beserings is aangemeld nie. Die N12-hoofweg deur Benoni sowel as die Snake Road-afrit en O'Reilly Merry straat is geaffekteer.

Bron: News24

Lees ook: Die haelseisoen is hier – maak seker jy is gereed