Binne enkele oomblikke het ’n pakhuis in die Jacobs-gebied van Durban Vrydagoggend in ligte laaie opgegaan. Sterk wind het die vlamme bly aanhits.

Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, het twee mense brandwonde aan hul hande opgedoen waarvoor hulle op die toneel behandel is. Hulle is daarna na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die digte rookwolk wat nog oor Durban se middestad hang, kan asemhalingsprobleme veroorsaak. Mense word aangemoedig om na hul naaste hospitaal te gaan of 082911 te bel vir mediese bystand sou hulle asemhalingsprobleme ervaar.

Mense wat hulle in die middestad bevind, word ook aangeraai om vensters toe te hou of liefs die gebied te verlaat om die rook te vermy.

[caption id="attachment_165477" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf (Netcare 911) Foto verskaf (Netcare 911)[/caption]

[caption id="attachment_165478" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf (Netcare 911) Foto verskaf (Netcare 911)[/caption] [caption id="attachment_165479" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf (Netcare 911) Foto verskaf (Netcare 911)[/caption] [caption id="attachment_165480" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf (Netcare 911) Foto verskaf (Netcare 911)[/caption] [caption id="attachment_165481" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf (Netcare 911) Foto verskaf (Netcare 911)[/caption]

Vroeër vandag

Honderde UNTU-werknemers moes inderhaas van die perseel ontruim word.
Mense word aangeraai om die gebied te vermy. Gitswart rookwolke kan kilometers ver gesien word terwyl ’n stewige wind glo die brand nog verder aanhits.