Hy is ’n legende wat onthou sal word as ’n rugbyheld, maar veral ook vir sy veggees deur swaar tye.

Huisgenoot het ’n lang pad met Joost van der Westhuizen gestap en twee weke voor sy dood die laaste onderhoud met hom gehad wat in die media verskyn het (Huisgenoot, 2 Februarie 2017). Ons bring vandeesweek hulde aan die Bok-held in ’n spesiale bêrebylae van 24 bladsye wat sy lewe van glorie en tragedie in woorde en treffende foto’s uitbeeld.

Plus in jou weeklikse Huisgenoot ’n eksklusiewe fotosessie van ons oud- Mej W?reld Rolene Strauss en haar baba. Die uitgawe is van Vrydag 10 Februarie beskikbaar.

nuutjoostgedenk