Die uitgebreide terrein bemoeilik toegang vir brandbestryders en inwoners van Meerenvlei is ontruim en na veiligheid gebring in die omliggende dorpe, Fisherhaven en Hawston.

Suksesvolle brandbeheer het tot dusver daartoe gelei dat geen lewensverlies gelei is nie. Daar is wel skade aan wingerde en vrugteboorde aangerig.

Die N2 is vir ’n geruime tyd vir verkeer gesluit en ’n digte rookwolk het oor die bergreeks gehang.

Op hul Facebook-blad het Greater Overberg FPA Maandag omstreeks 00:20 aagekondig dat een van die VWS-spanne (Vrywillige brandbestryders) eindelik na ’n 18 uur lange skof na hul basis teruggekeer het.

Kwaadwillige brandstigting word vermoed. Indien jy ’n bydrae (kos, water, koeldrank) wil lewer word jy versoek om dit by die Houw Hoek Inn af te laai.

Bronne: ewn.co.za, maroelamedia.co.za