Jun Chia (12) het oor die pad gestap nadat hy ’n wegneemete gaan koop het toe een van sy klasmaats se ouers hom met hul bromponie tref. Toe hy val, het ’n stel eetstokkies in sy nek vasgesit. Skoolpersoneel het ’n ambulans ontbied en die seun is hospitaal toe geneem. X-strale het gewys die stokkies het absoluut geen skade veroorsaak nie.
'Ons kon opereer en die stokkies verwyder.'
Die dokter Zhou Jen het aan die plaaslike media gesê: “Ons het ’n CT-skandering gedoen en dit het onthul dat die eetstokkies die seun se tragea, esofagus en enige belangrike bloedvate gemis. “Hy was regtig baie gelukkig; ons kon opereer en die stokkies verwyder.” Hy het bygevoeg omdat die eetstokkies van staal en nie hout gemaak is nie, was daar ook min risiko vir komplikasies weens ’n infeksie.

Bronne: Daily Mail, The Mirror, News.com.au