[post-slider]

Vyf feite wat jy oor Oscar Pistorius se huis moet weet:

  1. Oscar se moderne verdiepinghuis, waar hy Reeva Steenkamp op Valentynsdag verlede jaar doodgeskiet het, is in die luukse Silver Woods-landgoed.
  2. Die huis is in Julie vir R4,5 miljoen verkoop aan Louwtjie Louwrens, ’n mynkonsultant.
  3. ’n Vriend van Oscar, Christo Menelaou, gaan dit huur.
  4. Die luukse huis het vier slaapkamers en vier badkamers, vyf onthaalruimtes en ’n motorhuis met plek vir drie motors.
  5. Die huis het ’n vloeroppervlak van 740 m².

Foto's: Martin de Kock; Bron: Huisgenoot, 14 Augustus 2014