Die naam van die oorledene is intussen bekend gemaak. Hy was Timothy Khoza, een van die vier LP's wat in die ongeluk betrokke was.

Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het in 'n verklaring gesê sy is verpletter deur die nuus. Sy het Timothy beskryf as iemand wat sy goed geken het en saam met wie sy jare lank in die parlement gewerk het.

Vroeër vandag

Paramedici het met hul aankoms die een voertuig, ’n minibustaxi, in die middel van die pad aangetref. Die ander voertuig het gerol en op sy dak langs die pad gelê.

Foto verskaf: ER24

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die liggaam van ’n man, wat sedertdien as Timothy Khoza geïdentifiseer is, is in die voertuig gevind. Hy het aan verskeie beserings beswyk.

Foto verskaf: ER24

Agt beseerdes is op die toneel behandel. Van hulle het ernstige beserings opgedoen en is na die Mediclinic Paarl en die Paarlse provinsiale hospitaal opgeneem.

Drie van die ernstig beseerdes is lede van die parlement se portefeuljekomitee vir basiese onderwys. Hulle is Nomalungelo Gina (ANC), Ian Ollis (DA) en Cynthia Majeke (UDM).

Bykomende bron: enca.com

SaveSave