Wel, nou het ons al alles gesien! ’n Fotograaf moes behoorlik rondstaan by die Kruger-wildtuin toe ’n trop leeus sy Go Pro-kamera gegaps en toe minute lank daarmee rondgestap het.

Massimo Da Silva (29), ’n natuurlewe-fotograaf, het onlangs saam met twee kliënte van die Makanyi Lodge in die Kruger-wildtuin by die watergat aangekom waar die trop leeus uitgespan het. Maar niks kon dié drie voorberei vir wat volgende sou volg nie.

Massimo het sy kamera op die grond neergesit en gehoop hy kry ’n paar goeie skote. Min wetend dat hy moontlik sy kamera sal moet afstaan aan ’n trop leeus!

In die video kan jy hoor hoe een van hulle ’n leeu opmerk.

Kort voor lank is daar twee nuuskierige leeus wat die vreemde toestel betrag. Dan raap een dit op en hol daarmee weg. ’n Geskokte Massimo het hulpeloos toegekyk hoe die leeu die kamera aan die res van die trop wys.

[caption id="attachment_120723" align="alignnone" width="600"]Foto: Massimo da Silva/ Makanyi Lodge Foto: Massimo da Silva/ Makanyi Lodge[/caption]

Lees ook: Kyk net wat gebeur as ’n dogtertjie vir ’n leeu ’n soentjie blaas

“Een van die leeus het die kamera opgetel en ons het hulle gevolg tot waar hulle in ’n bos gegaan het, maar die bos was te dig vir ons om in te gaan,” verduidelik Massimo aan Huisgenoot.

En elkeen het natuurlik ’n voorsmakie van dié toestelletjie gekry! Die leeus wou elkeen die kamera uittoets om te sien hoe dit werk.

[caption id="attachment_120725" align="alignnone" width="600"]Foto: Massimo da Silva/ Makanyi Lodge Foto: Massimo da Silva/ Makanyi Lodge[/caption]

“Een van die leeus het dit opgetel en toe ons weer sien het ’n ander leeu die huisie van die kamera in sy bek,” vertel Massimo.

“Mens kon duidelik sien hulle was geïnteresseerd en wou met dit speel.”

Lees ook: Chi Chi kan weer hardloop ná sy gemartel is ‘om haar vleis sag te maak’

Die drie is toe om na die ander kant van die bosse waar die leeus met die kamera gespeel het. Die kamera was steeds besig om te verfilm en het outomaties Massimo se dag gemaak.

[caption id="attachment_120727" align="alignnone" width="600"]Foto: Massimo da Silva/ Makanyi Lodge Foto: Massimo da Silva/ Makanyi Lodge[/caption]

Ná ongeveer 15 minute se speel het een van die leeus toevallig die kamera reg langs die voertuig neergesit en Massimo kon sy peperduur kamera terugkry.

Unieke beeldmateriaal van hoe die leeus die kamera met mekaar deel, is later op die kamera gevind. Alhoewel die kamera ’n paar “kneusplekke” het, was Massimo verbaas om te sien dat sy kamera steeds werk.

En nou maak dié einste beeldmateriaal wêreldwyd opslae!

– Saskia Hill

Ekstra bronne: Mirror.co.uk, YouTube

Ander stories op Huisgenoot.com:

Adele se halfbroer maak hart oop oor hul ‘moeilike’ verhouding

Kyk: SuzelleDIY kry hulp uit ’n hogere oord vir wenke op Wêreldwaterdag

Negejarige: ‘Ouma, hulle het my geskiet’

Apple stel goedkoper iPhone en groter iPad bekend