’n Fotograaf wat daarvan verdink word dat hy bostuklose foto’s van prins William van Brittanje se vrou geneem het wat verlede September in die Franse tydskrif Closer verskyn het, is in Junie aangekla, het ’n bron na aan die saak Donderdag aan AFP gesê.

’n Tweede fotograaf word nog geregtelik ondersoek, volgens die bron.

Die tydskrif se redakteur, Laurence Pieau, is volgens die bron ook vroeër vandeesmaand aangekla omdat sy die foto’s van Kate gepubliseer het.

- SAPA

sapalogo