En op die ou end was dit hierdie verslawing wat die 17-jarige Rus Andrey Retrovesky se lewe geëis het toe hy per ongeluk van die dak van ’n negeverdiepinggebou in die stad Vologda geval het.

Andrey het dikwels sy lewe gewaag deur gevaarlike hoë gebou en strukture uit te klim sodat hy kon poseer vir foto’s om op sy Instagramblad te laai. Hy het verlede week ’n gebou uitgeklim met ’n pel in die hoop om ’n foto te neem wat sou lyk asof hy van die dak afval.

Die tou wat gebruik is om Andrey aan die gebou vas te maak, het egter gebreek en hy het grond toe geval. Hoewel daar bosse was om sy val te buffer, het die plaaslike media berug hy het sowat twee uur later weens omvattende beserings in die hospitaal gesterf.

Selfie-sterfgevalle het ’n ernstige probleem in Rusland geword – minstens 10 Russe is dood en meer as 100 is die afgelope jaar beseer terwyl hulle selfies geneem het.

Bronne: News.com.au, Twitter