’n Ambulans, vragmotor en drie ander voertuie was by die ongeluk op die hoofweg betrokke.

Tim Sanford en Ric Lindley was die eerste twee polisiebeamptes op die toneel.

Dis dis toe dat Ric (60) ’n “getraumatiseerde” vrou ’n entjie van die ongelukstoneel af uit haar motor sien klim. Sy het ’n klein babatjie in haar arms gehou.

Rick het gevra of hy die baba, wat volgens hom ‘n “baie oulike persoonlikheid” het, kan vashou.

“Ek het haar ’n hele ruk vasgehou, minstens ’n uur en ’n half. Ek wou haar ma tyd gee om te kalmeer. Sy is ’n jong ma en dit was waarskynlik uiters traumaties vir haar,” sê hy.

Die foto, wat deur Tim geneem is, is sedertdien meer as 9 000 keer op Facebook gedeel.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Bronne: aol.com, al.com