Kelin Flanagan en Spencer Taubner was slaggereed om ’n paar epiese foto's in die Kanadese Rockies te neem om hul verlowing te vier, maar dinge het nie heeltemal uitgewerk soos hulle beplan het nie.

Die paartjie het saam met ’n fotograaf, Marcin Karpowicz, na die Banff Nasionale Park gegaan waar hulle begin foto's neem het. In een ongelooflike foto kan ’n parmantige eekhoring gesien word wat duidelik besluit het hy moet eenvoudig deel van die aksie wees.

Die unieke foto het intussen wyd aanlyn versprei, maar sommige is skepties en dink dit is in Photoshop gekook.

"Iemand het neute daar gelos," het Marcin aan CTV News vertel. "So ons het net gewag tot die eekhoring een optel."

Marcin het meer as 50 foto's van die paartjie geneem voor hy die perfekte een kon vaslê.

En wat ’n fotogeniese eekhoring is dit nie?

Bronne: WENN, Petapixel, CTV News