Verlede maand het Ashley Clifford haar vyf maande oue dogtertjie, Ellie, afgeneem waar sy op die mat lê, omring deur sakkies van haar ma se skenkerborsmelk in die vorm van ’n hartjie. Saam is dit so 8,4 L.

“Toe ek uitvind ek is swanger, was my droom nie net om haar te borsvoed nie, maar ook dat ek in staat sou wees om melk te skenk,” verduidelik Ashley.

“Hierdie foto verteenwoordig baie slapelose nagte, veral vir die eerste weke met 295 onse ekstra melk, vyf verstopte melkbuisies en ’n gesonde, groeiende babadogter wat 7,9 kg weeg,” vertel sy. Haar eerste skenking was 5,7 L.

“Dis moeilik om die gevoel te beskryf. Dis ’n mengsel van opgewondenheid en liefde, maar ook ’n bietjie terugbehoud, net omdat dit so moeilik is om te borsvoed en te pomp,” sê sy.

“Ek voel ’n bietjie beskermend (oor my melk) -- ha-ha -- maar dit gaan my nie keer om daarvan weg te gee nie.” Sy het gesukkel met haar eerste kind, David, wat nou twee jaar oud is. “Borsvoeding is moeiliker as wat dit lyk,” vertel sy. Sy het aangesluit by ’n borsvoedgroepie op Facebook en het baie inskrywings gesien van ma’s wat dankbaar is vir skenkers van hul heilsame moedersmelk.

My heart. ?

A photo posted by Ashley Clifford (@ashleymclifford) on

I'm so motivated to catch up on things around the house until she passes out on me. How can I resist baby snuggles???

A photo posted by Ashley Clifford (@ashleymclifford) on

Haar doel is om 28,4 L melk te skenk teen 1 Augustus wanneer haar dogtertjie ’n jaar oud is. Sy hoop die plasing sal mense van borsmelkskenking bewus maak en hoop gee aan dié wat sukkel om te borsvoed.

Bronne: popsugar.com, huffingtonpost.co.za