Oe-la-la, dis Tom Cruise soos ons hom nog nooit tevore gesien het nie!

Die 48-jarige akteur speel ’n rockster in die opkomende fliek Rock of Ages, en hy lyk wragtig sexy verby.

Kyk daai maagspiere! Tom het glo hard aan sy lyf gewerk om die rol van ’n harde rocker uit die 80’s te speel, en sy vrou, Katie, meen hy sing fantasties. “Tom se stem is ongelooflik,” het sy onlangs laat hoor.

Die fliek, ’n verwerking van die Broadwaytoneelstuk met dieselfde naam, word volgende jaar uitgereik.

Volg Huisgenoot op Twitter.