Die 26-jarige Britse vryskutkunstenaar het 285 000 vingerhale gebruik om die kunswerk te skep en dit het sowat tweehonderd uur geduur om dit te voltooi. Hy het die toepassing Procreate gebruik.

Op sy webwerf verduidelik hy hy het met ’n skoon skerm begin en eers rofweg Morgan se belangrikste trekke vinnig geteken. Daarna het hy sy digitale kwas verklein tot slegs ’n paar spikkels en ingezoem om die fyner detail te teken.

Die hele proses is deur die toepassing opgeneem en ’n vinnige weergawe daarvan word in drie minute op die video gewys.

Kyk die video hier:

Die oorspronklike foto is deur Scott Gries geneem.