’n Motoris wat Vrydagoggend na bewering ’n stopstraat in Johannesburg verontagsaam en beheer oor sy Toyota Fortuner verloor het, het deur ’n tuinmuur geploeg en in ’n swembad beland, berig Netwerk24.

Niemand is in die voorval, wat in Roosevelt Park gebeur het, beseer nie.

Martin Carberry, die huiseienaar, het net ’n harde slag gehoor en toe hy buite gekom het, het hy ’n voertuig in sy swembad gesien.

Volgens ’n ooggetuie het die Fortuner-bestuurder oor die stopstraat gery.

LEES MEER HIER + SIEN NOG FOTO’S

Ook op Netwerk24

EKSKLUSIEF: Maties eis R32 m. van rugbybaas Jurie Roux

Vermeende skoolboelie en onnie in hof