’n Biljoenêr bied prysgeld van sowat R10 miljoen  aan vir iemand wat ’n wiskundeprobleem kan oplos wat wiskundiges al jare lank laat kopkrap.

Andrew Beal, ’n finansier van Dallas, is so desperaat dat iemand die Beal-getalleteorie moet oplos dat hy die groot beloning daarvoor aanbied. Syfergeesdriftiges krap al sedert die 1980’s daaroor kop.

Die Amerikaanse Wiskundige Vereniging het bevestig hulle sal die geld toeken in ruil vir die publikasie van die antwoord op die raaisel.

Dis nie die eerste keer dat Andrew ’n prys aanbied vir iemand wat die raaisel kan oplos nie. In 1997 het hy sowat R50 000 aangebied aan enigeen wat dit kan uitpluis en die prysgeld het oor die jare aansienlik gegroei.