“Die potensiële skade lê daarin dat kinders die advertensies so interpreteer dat hulle dink dit is aanvaarbaar om enigeen genaamd Steve bloot oor hul naam te spot,” het die owerheid in ’n verklaring gesê.

Hulle het gesê sowat 20 klagtes teen ENB se Steve-veldtog is ingedien wat op radio en televisie uitgesaai en ook op op advertensieborde gedruk is.

Die tema van die veldtog het gekous op hoe mense hulle moet ont-Steve deur by ENB te begin bank pleks van “sukkel met die frustrasies wat hulle tans verduur”.

Die klaers het aangevoer die veldtog was “ ’n belediging vir enigeen met die naam Steve omdat dit sulke mense as idiote, vervelig en vaal uitbeeld, wat kan veroorsaak dat sulke mense selfbeeldprobleme kan hê.”

Hulle het ook gekla dat die veldtog daartoe kan lei dat kinders genaamd Steve geboelie kan word.

ENB het erken die ont-Steve jou-veldtog diskrimineer nie teen mense genaamd Steve, Stephen of Steven nie.

Die bank het gesê al is dit jammer dat die veldtog potensiële skade aan kinders genaamd Steve kan veroorsaak, kon dit nie blameer word vir boelies nie omdat dit ’n “sosiale kwessie onder kinders is”.

“Boelies sal enige manier vind en dit is ’n probleem vir skoolbestuur en ouers, nie ’n advertensiereguleerder nie,” het hulle gesê.