Egoli se laaste nuwe episode word vanaand uitgesaai en die vervaardigers beloof 'n dramatiese einde. Vanaand se episode behoort rekordkyksyfers vir die betaalkanaal te lok.

Teken in op Huisgenoot

Dié Franz Marx-sepie – wat op 6 April 1992 op M-Net begin het as Suid-Afrika se eerste plaaslike daaglikse sepie en wat van die akteurs en hul karakters huishoudelike name gemaak het – groet vanaand om 18:30 met ongekende hoogdrama en opwinding.

Kykers kan uitsien na ’n gasverskyning deur Sandra Prinsloo, drama by die trapreling met ­Brümilda van Rensburg en veelvuldige, emosionele tranetrekker-oomblikke soos wat daar na Egoli se slottoneel opgebou word.

Aan die einde van vanaand se episode sal daar 112 608 minute van Egoli uitgesaai wees, met die reeks wat oor 4 301 dae van begin tot einde verfilm is.

Bron: www.nuus24.com