“Ek’s so flippen, zippen excited oor die mini-tjommie; ek het met die poskantoor onderhandel en hulle gaan sy foto eksklusief landwyd op Junie se posseël aanbring,” het die Flooze op Facebook verklap.

“Ons weet self nie wat aangaan nie,” sê haar man en bestuurder, Braam Riekert.

“Die Flooze het die baba een aand opgepas, en nie ek of Sorina weet nou waar die kind is nie! Sy is nou weer besig met een van haar streke.”

Volgens Braam sal aanhangers maar in spanning moet wag om om te kyk waar hulle die foto’s eerste gaan sien.

- Joshua Carstens