Die prosteses, wat met behulp van ’n 3D-drukker gemaak is, is ontwerp deur Richard van As. Richard het in 2011 vier van sy vingers in ’n fratsongeluk verloor.

’n Johannesburgse nie-regeringsorganisasie, Robohand, het die prostese aan Flippie geskenk. Carina Papenfus, Flippie se adviseur, het gesê hulle hoop die “Robohande” sal Flippie se lewe so normaal moontlik maak.

Voor Flippie die prostese ontvang het, moes sy ouers alles vir hom doen. Nou kan hy stadigaan weer sy onafhanklikheid terugkry.

Volgens Carina kom Flippie al goed reg met sy nuwe hande. “Hy het sommer die eerste keer dat hy die hande aangehad het uitgewerk hoe hulle oop- en toemaak.”

Bron: EyeWitnessNews, iOL