Sy vorige twee flieks was die suksesvolle 'n Paw-Paw Vir my Darling (2015) en Faan se trein (2014).

“Dis 'n aweregse, slim-snaakse moordstorie met soveel fyn kinkels dat jy jou asem gaan ophou terwyl jy heerlik lag,” sê Lizz Meiring wat die rol van Bonnie van der Byl, vertolk.

[caption id="attachment_140217" align="aligncenter" width="600"]Lizz Meiring as die  ontvangsdame Bonnie van der Byl. Lizz Meiring as die ontvangsdame Bonnie van der Byl.[/caption]

Sy was verlede jaar in die fliek Trouvoete en in kykNET se Munisipaliteit van Gwarra Gwarra te sien.

“Die karakters is uniek en Hoener Met Die Rooi Skoene, is oorspronklik en magies. Net so fassinerend en eksentriek soos die onontdekte, juweel-dorpie waar ons verfilm het - Klaarstroom, weggesteek in die hart van die Klein Karoo.”

Koos bly op dié dorpie en selfs die stadsaal is ingespan vir die fliek.

Bonnie is ’n ontvangsdame van die internasionaal-bekende De Waal-teateragentskap. Terwyl sy een aand weer lustig voortklets op die foon, vermoor iemand haar baas, die suksesvolle, maar minder gewilde sakeman en impressario Du Toit de Waal (vertolk deur Deon Lotz, wat ook in Paw-Paw ’n hoofkarakter was).

[caption id="attachment_140213" align="aligncenter" width="600"]Deon Lotz as Du Toit De Waal. Deon Lotz as Du Toit De Waal.[/caption]

Bonnie tref hom aan met 'n dolk in sy rug op die kantoortafel agter haar en skakel dan die polisie.

[caption id="attachment_140214" align="aligncenter" width="600"]Die tawwe Kaptein Ysterhaan Greyling. Louw Verwey as ie tawwe Kaptein Ysterhaan Greyling.[/caption]

Maar by nadere ondersoek van haar bloeiende baas, val sy oudergewoonte flou. As sy met die flitslig van Konstabel Mickey Mentz (André Weideman, wat ook in die TV-reeks Black Sails gespeel het) in haar oë bykom, is die lyk skielik skoonveld . . .

En die vreemde naam?

“Die fliek is gebasseer op 'n ou Franse teaterstuk en die misterie rondom die naam word in die eerste paar minute, tot groot vermaak van Konstabel Mentz, opgeklaar,” verklap Koos.

Tydens die ondervragingsessie na die moord, word al die interessante karakters op kantoor in 'n kloustrofobiese ruimte saamgegooi. En dis dan wanneer allerhande interessante geheimpies ontbloot word:

1. Cecilia de Waal (Dorette Potgieter) is die aantreklike, veel jonger vrou van die baas wat meer as een skelmpie het.

[caption id="attachment_140215" align="aligncenter" width="600"]Dorette Potgieter. Dorette Potgieter.[/caption]

2. Die ouer privaat-sekretaresse, Miss Enith Conradie (Lida Botha) wat al jarelank verlief is op die baas.

[caption id="attachment_140216" align="aligncenter" width="600"]Lida Botha en Coco die papegaai deel 'n oomblik op stel. Lida Botha en Coco die papegaai deel 'n oomblik op stel.[/caption]

3. Daar is ook die ligsinnige Roxie Roos (Laré Birk), die baas se minder gewillige pret-poppie.

4. Die sjarmante Percy Celliers (Geon Nel) wat nie sy werk doen nie en die ouer klerk Harold Berrington-Smith (Flip Theron) wat ’n “tail gunner” is.

En midde-in dié storm van verdagmakery en beledigings verskyn die baas se "lyk" weer skielik perdfris en gesond op die toneel.

“Dis nie 'n fliek wat vir mense lewenslesse moet leer nie. Ek het hierdie fliek gemaak met een doel voor oë – om mense te vermaak. Daar is genoeg nonsens in ons land waaroor almal hul kwel. Mense moet ook net 'n bietjie kan terugsit, ontspan en lekker lag. Dis nou wanneer jy nie te veel skrik vir die moordenaar nie,” skerts Koos.

[caption id="attachment_140220" align="aligncenter" width="600"]Die legendariese Koos Roets. Die legendariese Koos Roets.[/caption] Maar hy waarsku: “Dis nie 'n tipiese slapstick-komedie nie. Niemand gooi iemand anders met 'n pastei nie. Die humor en snaakse insidente is toevallig. En die karakters is eg – mense wat werklik kan bestaan.” hoender groep Hoener Met Die Rooi Skoene sluit ook gasverskynings in deur Anton Goosen, Leon Ecroignard, Soli Philander en Goitsemang Lehbyeword.

Dit word op 27 Januarie volgende jaar landswyd vrygestel en versprei deur Ster Kinekor Entertainment.