Ons dink: 4/5

Lewensdrama.

Met Anneke Weidemann, Dawid Minnaar en Elize Cawood.

Regisseur: Katinka Heyns.

13MDG.

Begin op 7 September.

The Guest (1977) het tevore dié voorval uitgebeeld waar die digter Eugène Marais by ’n Afrikanergesin tuisgegaan en ’n invloed op veral die eenvoudige mense gehad het. Dit wys hoe hy hulle eintlik ryk gemaak het.

Vir Marais (in die fliek knap gespeel deur Dawid Minnaar) was dwelms al manier om die duiwels te stil.

In Katinka Heyns se hande is dit ’n noukeurig geregisseerde rolprent met bobaas-vertolkings deur veral Elize Cawood en Sandra Kotzé en ’n verrassende debuut deur Kaz McFadden. Hulle lewer van die mees deurleefde en treffende, gestroopte spel nog in Afrikaans. Al kon daar dalk aan die dialoog gesny word, bly dit ’n aangrypende rolprent met praatbare Afrikaans.

Soos in al Heyns se rolprente skitter die visuele beelde so kragtig met subteks en onderliggende betekenis dat woorde dikwels oorbodig is. Sy slaag ook daarin om die stempel van Marais se genialiteit, hipnotiese invloed en sy verhouding met die natuur op elke toneel af te druk, al is hy nie teenwoordig nie.

Die tonele met die bobbejane verhef dié pragtige rolprent tot kuns.

- Leon van Nierop