DIT het al die bestanddele van ’n lokettreffer: vinnige karre, ontkleeklubs, seks, dwelms, moord.

Maar dis nie ’n fliek nie; dis ’n ware lewensdrama. En in die afgelope jare het ’n hele galery flambojante spelers in dié verhaal oor die voorblaaie van Suid-Afrikaanse koerante geparadeer – sommige tereggestel deur hul ‘‘sakevennote’’, ander aangekeer deur die polisie, ander interessante randfigure in ’n fassinerende wêreld waaraan die meeste Suid-Afrikaners hulle maar net kan vergaap.

Kenners sê hulle deel almal hoekies van dieselfde web – en dieselfde liefde vir uitspattighede en luukses.

Georganiseerde misdaad – herhaalde, ernstige misdaad wat gepleeg word deur twee of meer mense wat saamwerk – gedy in Suid-Afrika. Die vernaamste rede? Die feit dat korrupsie so maklik hier plaasvind.

As korrupsie die kompos is vir die onkruid van georganiseerde misdaad, is dit geen verrassing dat dié misdadigheid sy tentakels so diep in ons samelewing het nie.

Suid-Afrika vaar sleg op elke internasionale indeks wat korrupsie en bedrog meet.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 7 April 2011