Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

80 ml (1/3 k) botter

3-4 velle filodeeg, gehalveer

60 ml (¼ k) bruinsuiker

3 piesangs, in skywe gesny

50 g haselneute, grof gekap

10 vars appelliefies, gehalveer

vars kruisementblare, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n pan van 15 cm x 20 cm met botter.

  1. Smelt die helfte van die botter en verf elke vel filodeeg daarmee. Pak die velle boop mekaar in die pan. Laat die kante oorhang.
  2. Verhit die orige botter en suiker saam tot gesmelt. Braai die piesang liggies en skep alles bo-op die filolae.
  3. Sprinkel die neute oor en bak 15-20 minute of tot goudbruin.
  4. Garneer met appelliefies en kruisementblare.