So beweer  navorsers van die Michigan- en Ohio-staatsuniversiteit.

Die klein studie, wat onlangs in die joernaal van vrouegesondheid gepubliseer is, is onder vroue tussen 18-24 jaar gedoen. Volgens die studieleier, Amy Bonomi, is dit die ouderdom waarop vroue geneig is om hul seksuele verhoudings te ontdek.

Van die 655 vroue wat deelgeneem het, het 122 al die hele Fifty Shades-trilogie gelees, 97 het net die eerste boek gelees en 436 het geen van die boeke gelees nie.

Die navorsers het bevind die vroue wat die eerste boek gelees het, was 25 persent meer geneig om in ’n verhouding te wees waarin hul maat hulle verbaal mishandel as dié vroue wat geen van die boeke gelees het nie.

Boonop is die vroue wat die hele trilogie gelees het, 65 persent meer geneig om fuifdrinkers te wees, wat beteken hulle drink op meer as ses aande van elke maand vyf of meer drankies.

Amy sê dit is belangrik om te verstaan dié soort ongesonde gedrag is risikofaktore om in ’n gewelddadige verhouding betrokke te raak.

Bron: MEDICALNEWSTODAY.COM