Sarah Ferguson kan nie wag dat die hertog en hertogin van Cambridge se baba later vandeesmaand gebore word nie.

Prins Andrew se eksvrou het Maandagaand by die Novak Djokovic-stigting se gala-ete gesê: “Enige geboortenuus is briljant, is dit nie? Dis natuurlik baie opwindend, baie opwindend.”

Sarah en Andrew se twee dogters, prinsesse Beatrice (24) en Eugenie (23), en ander bekendes soos Goldie Hawn, Kate Hudson, Gerard Butler en Novak self was ook by die ete. Sy stigting beywer hom vir minderbevoorregte kinders wêreldwyd, maar veral in die tenniskampioen se geboorteland, Serwië.

Sarah en Andrew (53), prins Charles se jonger broer, is in 1986 getroud, maar is in 1992 uitmekaar en het in 1996 geskei.

In ander nuus is bekendgemaak Catherine en William se baba se amptelike titel sal die prins of prinses van Cambridge wees. ’n Woordvoerder van die Buckingham-paleis het gesê: “Die koninklike egpaar se kind sal amptelik bekend wees as Sy of Haar Koninklike Hoogheid, die Prins of Prinses van Cambridge. Die koningin het verklaar dat die kinders van die oudste prins van Wallis die styl, titel en hoedanigheid van Koninklike Hoogheid met Prins of Prinses vooraan hul doopname moet hê.”koninklike baba

BLOG

Ons koninklike blogger vertel watter protokol en tradisies alles ’n rol gaan speel met die aankondiging van die nuwe Britse troonopvolger se geboorte - lees dit hier.