Maar dit het gelyk of dinge soos gewoonlik voortgaan met studente wat klasse bywoon. By Wits het ’n paar studente ’n stille optog teen gendergeweld gehou. Universiteite in Suid-Afrika het verlede week gebeurlikheidsplanne in plek geplaas voor ’n aankondiging oor die toename in studiegelde vir 2017 gemaak sou word. Maar die minister van opvoeding, Blade Nzimande, se toespraak is op die nippertjie gekanselleer en sy kantoor het gesê daar moet eers verdere konsultasies plaasvind.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee, wat oor die naweek vergader het, het ook geen toename in studiegelde gesteun en die sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gesê meer konsultasie moet plaasvind.

“Ons sê wag eers, moenie oorhaastig studiegeld vermeer nie, doen eers konsultasies en kom ons kyk wat is lewensvatbaar en bekostigbaar,” het hy gesê.

Studente is verveeld oor die pad vorentoe met sommige wat vra vir ’n nasionale sluitingR en ander wat sê dis beter om vir Blade se aankondiging te wag.

Bron: News24