DIT is Joost van der Westhuizen se geel-groen oë wat jou gevange hou – hulle straal iets uit tussen ontnugtering aan die een kant en aanvaarding en innerlike vrede aan die ander kant.

Vanaand, hier op die gesamentlike verjaardagpartytjie vir hom en sy pa, Gustav, is die boodskap in sy oë klinkklaar: Ek is oukei.

“Vanaand gaan oor ’n oomblik,” sê Amor toe sy almal later verwelkom. “ ’n Oomblik wat nooit weer sal terugkom nie en ’n oomblik wat ons altyd in ons harte sal koester.”

Lees Danél Blaauw se storie in die 7 Maart-uitgawe van Huisgenoot.