In die geharwar van die nuwe Avengers-fliek wat eersdaags verskyn, is dit maklik om te vergeet Marvel het nog heelwat ander superhelde ook wat vanjaar hul verskyning op die silverdoek gaan maak.

Een hiervan is die Fantastic 4, die vierstuks met hul buitengewone magte.

Mister Fantastic (Miles Teller) kan homself na hartelus verbuig. Sy nooi, The Invisible Woman (Kate Mara) kan, wel, onsigbaar word. Sy beste pel, Johnny Storm (Michael B. Jordan) verander in ’n vuurbal en die hardkoppige Ben Grimm (Jamie Bell) raak ’n klipmonster.

Die groep moet dan kragte saamspan om die boose dade van Dr Doom (Toby Kebbell) in die kiem te smoor.

Die Fantastic 4 maak in Augustus hulle verskyning op die grootskerm.

Kyk hier na die aksiebelaaide lokprent: