Daar is lankal gerugte dat Michael Jackson nie die biologiese pa van enige van sy drie kinders nie. Prince en Paris het ook ’n jonger broer, algemeen bekend as Blanket (10).

’n Familievriend van die Jacksons het aan die koerant Sun on Sunday gesê: “Paris wou nog altyd glo Michael is haar pa, maar sy het eintlik geweet dis nie waar nie.”

Volgens dié bron verafgod Paris Prince en die skoknuus het haar verskriklik ontstel. “Toe sy dit hoor, het alles inmekaargetuimel.”

Paris word steeds in ’n hospitaal in Los Angeles behandel en volgens berigte wil sy ná ontslag by haar peetma, die sangeres Diana Ross (69), gaan bly. Haar ouma Katherine Jackson (83) en haar neef TJ Jackson (34) is tans haar voogde.