[caption id="attachment_68099" align="aligncenter" width="600"]beetge Tessa Beetge (links) saam met haar susters Brenda en Zelda[/caption]

Tessa het vyf en ’n half jaar in Brasilië gevangenisstraf uitgedien nadat sy met 10 kg kokaïen in haar bagasie op São Paulo se lughawe betrap is. Sheryl Cwele, die voormalige minister van intelligensie se vrou, wat nou ook tronkstraf vir dwelmhandel uitdien, het Tessa as ’n dwelmmuil gewerf.

Tessa is reeds Sondag op parool vrygelaat. “Tessa word nou as ’n onwettige immigrant beskou en is in die hande van die Brasiliaanse polisie,” het haar pa, Swannie Swanepoel, aan Huisgenoot vertel.

“Sy word in ’n aanhoudingsel daar aangehou. Ons het geen benul wanneer sy terugkom nie. Sy sal gedeporteer word. Buitelandse sake sal my later vandag laat weet wanneer sy terugkom.

[caption id="attachment_68083" align="aligncenter" width="600"]Tessa Beetge se ma, Marie Swanepoel, raak tranerig wanneer sy oor haar dogter praat.Foto: Huisgenoot 25 Oktober 2012 Tessa Beetge se ma, Marie Swanepoel, raak tranerig wanneer sy oor haar dogter praat.
Foto: Huisgenoot 25 Oktober 2012[/caption]

“In dié stadium weet ons nie wie vir haar vlug terug gaan betaal nie, wanneer sy daar vertrek of hier sal land, hoe dit met haar gaan of hoe om haar in die hande te kry nie. Volgens die departement moet ’n regter in Brasilië haar vlug terug Suid-Afrika toe goedkeur.”

Tessa se twee dogters (16 en 15) is in die wolke oor hul ma se vrylating, het Swannie vertel. “Hulle kan nie wag om haar ná al die jare weer te sien nie.”

Danél Blaauw