'n Amerikaanse familie van Rockway in New Jersey was verstom om 'n familie swartbere te sien wat in hulle opblaasswembad baljaar.

Die gesin het die hele beer-partytjie vanuit die veiligheid van hul huis dopgehou en op kamera vasgelê.

Die onverwagse besoekers het ook nie juis die beste maniere gehad nie. Van die bere kou byvoorbeeld aan die speelgoed wat in die swembad ronddryf.

Wat egter die opmerklikste is, is hoe gemaklik die beer-gesin voorkom. Kompleet asof hulle elke dan en wan 'n dag by die swembad geniet voor hulle na die wildernis terugkeer.

Bronne: YouTube; Daily Mail